LIFE ASSURANCE (EXCLUSIONS): Afrikaans Article

Lewensversekering:

Inleiding

NAMFISA het talle klagtes ontvang met betrekking tot lewensversek-

eringsmaatskappye wat weier om voordele uit te betaal as gevolg van “uitsluitingsklousules” of “nie-openbaarmaking.”
Gedurende die analise van die klagtes wat ontvang is, het dit geblyk dat kliënte kontrakte aangegaan het sonder om die terme en voorwaardes van hierdie kontrakte te hersien en verstaan, wat daartoe gelei het dat daar nie aan hulle behoeftes voldoen is nie. Verder veroorsaak dit dat hul geliefdes of selfs hulle self finansieel onbeskermd gelaat word (af-hangende van die tipe versekeringspolis).

As deel van NAMFISA se doelwitte om die publiek se belange te beskerm en verbruikers in te lig, verskaf ons u hiermee met inligting in die vorm van hierdie artikel waarin ons die vrae wat dikwels gevra word oor hierdie
onderwerp, beantwoord:

1. W at behels die uitsluitingsklousule?

Dit is ‘n bepaalde klousule wat dekking vir spesifieke gebeure soos gevreesde siektes, siektes soos kanker, tuberkulose (TB), hartsiektes en/ of MIV/VIGS elimineer in ‘n versekeringspolis kontrak. Daar is verskillende maniere waarop versekeringsmaatskappye die uitsluitingsklousule kan toepas ten opsigte van verskillende versekeringsprodukte (lewensdek-king, begrafnisdekking, en ander bygevoegde klousules) byvoorbeeld in MIV toets dien as ‘n voorbeeld hiervan. As u weier om vir die toets te gaan, kan dood as gevolg van MIV/VIGS verwante siektes uitgesluit word. Dit beteken ‘n versekeringsmaatskappy sal nie die voordeel uitbetaal in-dien u sou sterf van enige MIV/VIGS verwante siektes nie.

2. Nie-openbaarmaking: wat beteken dit?

Uitsluitingsklousules soos wat hier bo beskryf word moet egter nie met “nie-openbaarmaking” verwar word nie. Nie-openbaarmaking verwys na die kliënt wat om een of ander rede nie wesenlike inligting soos sy/haar bestaande mediese toestand of mediese geskiedenis aan die versekeraar bekend maak gedurende die kontrakterende fase nie.

Dit is baie belangrik dat u op ‘n eerlike en korrekte wyse alle vrae ver-

Dit is baie belangrik dat u op ‘n eerlike en korrekte wyse alle vra beantwoord, sowel as alle inligting versigtig deur lees. sigtig lees, verstaan en antwoord. Dit is u plig om te verseker dat u die toe-paslike blokkie/kolom merk deur relevante, toepaslike inligting te verskaf om die versekeraar te help om u risiko te bepaal. Dit sal verseker dat u die regte dekking ontvang en dat die regte premie gehef word. Sou u verkeerde ant-woorde verskaf of u skuldig maak aan wanvoorstelling van die feite, behou die versekeraar die reg om die kontrak te beëindig of u eis te weier.

3. Wat is ‘n “afkoelperiode”?

By aanvaarding van u voorstel vir versekering sal ‘n polis kontrak aan u voorsien word wat die versekering terme en voorwaardes bevat. Dit is ‘n aanvaarbaare standaard of norm dat u ‘n 30 dae “afkoelperiode” gegee word om die polis kontrak te bestudeer en die inligtig te verifieer. Binne die 30 dae afkoelperiode het u die reg om die kontrak te kanselleer of te wysig, of u kan besluit om met die kontrak voort te gaan. As u na die tydperk van 30 dae nie enige verand-eringe aan die versekeringsmaatskappy kommunikeer nie, sal hulle aanvaar dat u met die terme en voorwaardes saamstem en die polis sal as sodanig voortgaan.
4. Sal ‘n versekeringspolis my dek en aan my uitbetaal word as ek MIV-positief is of kanker of TB het?

Ja en nee. Die polis sal slegs uit betaal in ooreenstemming met die terme en voorwaardes soos wat dit in die kontrak-ooreenkoms gestipuleer word. As u al die nodige inligting tydens die

kontrakterende fase openbaar en u het ingestem tot die terme en voorwaardes, moet die versekeraar hul verpligting nakom en u uitbetaal. As u egter nie alle inligting openbaar het nie mag die versekeraar besluit om, gebaseer op nie-openbaarmaking, nie aan u u versekeringsvoordele aan u uit te betaal nie.

5. Wat moet u doen om geskille tydens die eis stadium te vermy?

Dit is baie belangrik dat u die versekering produkte se terme en voorwaardes verstaan voordat u die kontrak teken. Soek hulp waar dit van toepassing is sodat u ten volle die omvang van die
Uitsluitingsklousule of enige ander tipe(s) klousule ten volle verstaan. Dit sal geskille tydens die eis stadium verhoed.

6. Wat moet ek doen as ek nie die uitsluitings in my polis verstaan of daarvan seker is nie?

In hierdie geval raai ons aan dat u terug gaan na u versekeraar/finansiële adviseur om die kontrak weer aan u te verduidelik sodat u beter kan ver-staan wat die toekoms vir u behels in terme van u polis. U kan ook iemand wat kundig is op die gebied, (‘n vriend, kollega, eggenoot) vra om die kon-trak saam met u deur te lees en aan u te verduidelik wat u nie verstaan.

7. Is uitsluitingsklousules onwetting of ongrondwetlik?

‘n Versekeringskontrak is uit die aard van die saak die oordrag en ver-spreiding van risiko. Versekeringsreg is dus hoofsaaklik gemoeid met die beginsels van die kontrak en kan nie in terme van enige ander beginsels hanteer word nie.

Op grond van Artikel 140 van die Namibiese Grondwet bly die gemene reg van kontrak wat in werking was tydens Onafhanklikheidswording in werk-ing totdat dit herroep of gewysig word deur ‘n Wet van die Parlement, of totdat dit deur ‘n bevoegde hof ongrondwetlik verklaar word.

In leketaal beteken die bogenoemde basies dat mediese uitsluitings in lewensversekering polisse nie verbied of ongrondwetlik verklaar is deur enige Hof nie. Daar is dus geen wet wat ‘n versekeraar dwing om enige risiko op te neem nie. Hierdie besluit berus geheel en al met die verseker-aar. Dit mag onwettig wees om nie uitbetalings uit te voer ten op sigte van polisse van MIV-positiewe mense wat van onverwante oorsake soos motorongelukke, ens. sterf nie.

8. Indien ek sou voel dat ek onregverdig behandel is, waarheen kan ek gaan vir hulp?

Indien u voel dat u onregverdig behandel is (weiering om verseker-ing voordele uit te betaal, ens.) kan u ‘n formele klag lê by NAMFISA se Klagte-afdeling kontak en ‘n formele klag lê. Die klag sal geassesseer word om vas te stel of dit ‘n ware klag is of nie en sal daarna gevolglik ondersoek word.

Vir meer inligting, voel gerus vry om NAMFISA te kontak.
Dit is baie belangrik dat u die versekering se termes en voor-waardes verstaan.